top of page

WILDRUGFILLET MET BLOUKAASSOUS

  • Lekker Resepte vir Jagters en Boere
  • Jul 22, 2015
  • 2 min read

Die marinade waarin die vleis ’n paar dae lank lê en die uiteindelike bloukaasvulsel maak van hierdie rugfilet ’n wengereg.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Staantyd: 1-2 dae

Gaarmaaktyd: 1 uur

1 groot wildsrugfilet (sowat 1,5 kg)

MARINADE

50 ml sojasous

80 ml (¹/³ k) olyfolie

30 ml (2 e) suurlemoensap

3 knoffelhuisies, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

VULSEL

50 ml botter

2 grasuie, gekap

100 g knopiesampioene, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, fyn gekap

200 g bloukaas, gekrummel

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

10 ml (2 t) gelatien

300-500 g spekrepe

METODE:

Sny alle sigbare sening van die filet af en vlek dit netjies oop. Plaas dit in ’n glasbak.

MARINADE

Meng al die marinadebestanddele en giet dit oor die vleis. Marineer 1-2 dae in die yskas.

VULSEL

Verhit die botter in ’n pan en soteer die grasuie daarin tot sag. Voeg die sampioene by, verhoog die temperatuur en braai tot die vloeistof verminder het.

Voeg die knoffel by en braai verder tot die sampioene begin verbruin. Skep die mengsel uit en laat afkoel.

Roer die bloukaas in en geur met sout en peper.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Dreineer die vleis en klad droog met handdoekpapier. Geur met sout en peper.

Sprinkel die gelatien oor die oopgevlekte vleis en smeer die vulsel oor.

Rangskik die spekrepe oorvleuelend oor die vleisrol en steek met peuselstokkies of sosatiepenne vas of bind dit vas met tou.

Plaas die vleis op ’n rak bo-oor ’n oondbraaipan en rooster 15 minute per 500 g plus 15 minute ekstra. Laat 15-20 minute op ’n warm plek rus voor dit gesny word.

Sit die filet saam met ’n sampioensous voor.

WENKE

Maak wildsvleis so gaar:

Laat 15-20 minute in ’n voorverhitte oond by 160 °C toe per 500 g plus nog 15-20 minute.

Die vleis is gaar wanneer die vleissappe helder is.

Taaier vleissnitte soos rib sal langer gaargemaak word.

Geur wildsvleis so: Daar is meer as genoeg geure wat maklik maats maak met wildsvleis, soos gemmer, koljander, steranys, jenewerbessies, tiemie, naeltjies, neutmuskaat, peperkorrels, wonderpeper, knoffel, lourierblare en basiliekruid.

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page