ARMMANS VISPASTEI
- Hoe maak ek
- Jul 23, 2015
- 1 min read

Ek maak gereeld hierdie pastei, want hy is vinnig en ook bekostigbaar. Jy kan ook die vis met maalvleis vervang. Heerlik saam met 'n lekker mengelslaai en broodrolletjies. Die resep kom uit "Eenskottelgeregte" van Christelle Erasmus.
BESTANDDELE:
1 Groot blik (400 g) kerrievis, fyn gedruk
1 Blik (410 g) gemengde groente, gedreineer
250 ml Gerasperde Cheddarkaas
5 ml Droë pietersielie
2 Eiers, geklits
METODE:
Voorverhit oond tot 180 oC (350 oF)
Meng vis en groente en skep in 'n gesmeerde oondskottel.
Strooi gerasperde kaas oor.
Klits pietersielie saam met eiers en giet oor die kaas.
Bak 25 - 30 minute tot goud-bruin
(Lewer 4 porsies)
Comments