Dagwood
- The Rainbow Team
- Jul 23, 2015
- 1 min read

LUS vir groot eet? Probeer dan gerus hierdie DAGWOOD . Alles kan oor die kole gemaak word. YUMMY!
BENODIG:
Brood [gerooster]
Kaasskyfies
Hamskyfies
Hamburger patties [hoender of bees]
Gaar streepspek [bacon]
Eiers [gebak of maak 'n eier pannekoek, jy kan verder met dit, amper soos 'n omelet sonder vulsel, sny dan in vierkante]
Tamatieskyfies
Slaaiblare
Gebraaide uieringe [jy kan dit rou ook gebruik, maar gebraai is lekkerder]
Agurkieskyfies
Lekker hamburgersous of peranaise sous.
MAAK DAN SO:
Bou jou dagwood soos jy van hom hou in watter volgorder ookal. Onthou begin met sny geroosterde brood, dan gedeelte van die vulsel, dan weer sny geroosterde brood en dan die res van die vulsel. Eindig met 'n sny geroosterde brood.
Ek vrek oor 'n lekker dagwood en die wat jy tuis of by die kamp maak bly maar die lekkerste.
MY WENK:
Jy kan die hamburger patty vervang met gesnyde gebraaie boereworsskyfies ook of met 'n gebraaide minute steak.
Kan bedien word met chips of wedges.
Comments