EENVOUDIGE SAGO POEDING (MIKROGOLF)
- The Rainbow Team
- Jul 23, 2015
- 1 min read

2 kop melk
½ kop sago (hoef nie vooraf te week)
3 eetl botter
2 eiers geskei
⅓ kop suiker
2 ml vanielje geursel
knypie sout
appelkooskonfyt
kaneel
Giet die melk, sago en botter in bak en 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel. Mikrogolf 2 minute op 100%. Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in. Skep die mengsel in 'n glas bak van jou keuse, blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 - 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.
Comentarios