GEBAKTE BOEREWORSROLLE
- Hoe maak ek
- Jul 23, 2015
- 1 min read

2 groot uie
1 blikkie tamaties
1 pak van 'n goeie gehalte boerewors
brooddeeg (gekoop by kettingwinkel)
Braai die gesnyde uie en tamaties en laat die smoor verdik.
Braai wors tot net gaar.
Sny die brooddeeg in reghoeke van 20cm x 30cm en begin aan die onderkant, plaas 'n stukkie van die boerie en tamatie / uie mengsel oor die deeg. Vou oor en sny met 'n pizza snyer.
Borsel met 'n geklitste eier en bak op 'n bakplaat by 180⁰C vir 10-12 minute.
Comments