KONDENSMELK TOFFIES
- The Rainbow Team
- Jul 23, 2015
- 1 min read

80ml water
500ml suiker
60g botter
30ml heuning
1 blikkie kondensmelk
5ml vanieljegeursel
Plaas water en suiker in pot oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is.
Voeg botter en heuning by en meng. Roer kondensmelk by en laat stadig kook. Roer tot mengsel sagtebal-stadium (sien nota) bereik of ’n donker karamel kleur kry.
Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel met houtlepel by. Gooi in geoliede pan en laat afkoel. Sny in vierkante as dit koud is.
Let op: Toets deur ’n klein hoeveelheid in ’n glas koue water te laat val - die mengsel is reg wanneer die balletjie tot op die bodem afsak.
コメント