ONTBYT VIR AANDETE
- Hoe maak ek
- Jul 23, 2015
- 1 min read

2 eetl olyfolie
4 varkworsies
1 ui, gesny
2 teel matige kerriepoeier
1 blik boontjies in tamatiesous
4 eetl gekapte basiliekruid
4 eiers
sout en peper
4 geroosterde ciabatta rolle
Verhit olyfolie, braai wors tot goudbruin en hou eenkant.
In dieselfde pan, soteer uie tot sag en voeg dan kerrie poeier by.
Voeg bone by en prut vir 2 minute.
Roer die gekapte basiliekruid by en sny dan die wors en roer in.
Maak 4 gapings in die bone om die eiers in te sit.
Kraak die eiers in die gate, bedek met 'n deksel en kook vir 'n minuut of totdat die eiers geset is.
Geur eiers met sout en peper, en bedien op die geroosterde ciabatta rolle.
Comments