top of page

ALLES IN EEN ONTBYT

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 24, 2015
  • 1 min read

Genoeg vir 6-8

So min moontlik skottelgoed, dis wat ek in ’n ontbyt soek.

30 ml (2 e) olyfolie

1 kg boerewors

1 groot ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

150 ml witwyn

’n hand vol rosatamaties, middeldeur gesny

1 x 410 g-blik witbone

1 x 410 g-blik Italiaanse tamaties

6 groot bruin sampioene

6 eiers

’n hand vol basiliekruidblare

’n hand vol orego

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Smeer die wors met ’n bietjie olie en rooster vir sowat 10 min. in die oond tot amper gaar.

2 Voeg die ui, knoffel en witwyn by die wors en skraap die vleissappe met ’n spaan los.

Rooster vir 5-7 min. tot die ui sag is. Voeg die tamaties, geblikte tamaties en bone by.

3 Sit die sampioene bo-op en verhit tot die sous borrelend warm is.

4 Maak met die agterkant van ’n lepel holtes in die warm sous. Breek elke eier in ’n koppie en skink een vir een versigtig in die holtes.

Sit terug in die oond en bak tot die eierwit ondeursigtig is en die geel sag.

5 Strooi basiliekruid en orego oor en sit warm voor met baie roosterbrood.

WENK

Vervang die blik Italiaanse tamaties deur Mexikaanse tamaties as jy van ’n bietjie byt in jou ontbyt hou

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page