BLITSVINNIGE KERRIEVIS
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

Hierdie reseppie is blitsvinnig oornag en as jy vandag begin kan jy hom reg hê vir môre!
1 kg stokvis, snoek of kabeljou
3 of 4 uie, in ringe gesny
30 ml kerriepoeier
500 ml asyn
100 ml suiker
5 ml borrie
knippie sout
Sny die vis in stukke. Braai in warm olie. Meng die suiker, kerrie, borrie en sout met ‘n bietjie van die asyn. Kook die uie saam met die asyn tot die uie sag is. Voeg die keriemengsel by. Pak die gebakte vis in ‘n skottel. Gooi die warm sous daaroor. Laat staan oornag sodat die kerriesous kan deurtrek.
Lewer 6 porsies.
Comments