CHAKALAKA MIELIEPAP
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.
METODE:
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter.
Bring tot by kookpunt.
Voeg meel by 1 liter koue water.
Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel.
Sit plaat op lae hitte.
Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie.
Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk.
Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is.
Roer af en toe.
Comments