Eenpan-kaasworspasta
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

Vir 4
Voorbereityd 5 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
Jy hoef nie eers die pasta apart te kook vir dié maklike dis nie. Dit is ryk, souserig en vol geur. Beslis ’n kampkosstaatmaker.
Jy benodig
1 eetlepel botter
400 g kaaswors, in wieletjies gesny
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 koppies hoenderaftreksel
1 blikkie (410 g) Koo Mexican Diced Tomatoes
½ koppie room
250 g skroefiepasta
sout en peper na smaak
1 koppie cheddarkaas, gerasper
Só maak jy
Braai die wors en uie saam in botter in ’n diep pan of swaarboompot vir 5 minute. Voeg die knoffel, aftreksel en tamaties by en bring tot kookpunt.
Voeg die pasta by, sit die deksel op en verminder die hitte sodat die gereg vir 10-15 minute prut.
Geur die pasta na smaak met sout en peper, en sprinkel die kaas bo-oor.
Comentarios