HOE ONTBEEN EK 'N LAMSBOUD
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

1 Sit die boud op ’n snybord met die ronde kant na jou toe.
Gebruik ’n ontbeenmes en begin al om die been sny wat in die middel van die vleis sit.
Sny so na aan die been as moontlik.
2 Sny al om die been tot jy by die gewrig uitkom. Sny deur die gewrig – wikkel die been soos jy sny tot dit los is.
3 Sny net so om die been aan die ander kant tot dit loskom.
4 Die twee bene wat jy uitgehaal het, het ‘n holte in die vleis gelaat. Steek die nou kant met tandestokkies toe.
5 Skep die holte vol vulsel.
6 Steek holtes toe met tandestokkies
Comentários