JOGHURT TUISGEMAAK
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

Hierdie resep is baie baie oud, en vir ons wat nie jogurtmakers het nie, die resep werk baie goed
Gooi 2 liter kookwater in ‘n 5 liter emmer.
Voeg 4 koppies melkpoeier by
Meng goed
VOEG DAN BY:
1 ½ liter kraanwater,
175ml gewone jogurt
(Moet vars wees) roer goed,
Maak toe met ‘n kombers en laat staan vir 12 ure.
NA STAANTYD:
Los 2 pakkies jellie in 2 koppies kookwater op en roer tot goed opgelos.
Voeg dan 1 ½ kp suiker by.
Roer goed.
Gooi jellie by jogurtmengsel en laat staan in die yskas tot yskoud.
Comments