Maalvleiskerrie met roti
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

10 ml (2 t) olyfolie
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 rooi rissie, gekap (opsioneel)
10 ml (2 t) blaarmasala
10 ml (2 t) geroosterde masala
5 ml (1 t) garam masala
5 ml (1 t) komyn-masala
500 g maalvleis
sout en peper
1 blik gekapte tamaties
250 ml (1 k) bevrore ertjies
15 ml (1 e) suiker
30 g vars koljander, gekap
rys of roti’s om mee voor te sit
Verhit die olie in ’n kastrol en soteer die ui, knoffel en opsionele rissie tot die ui goudbruin is.
Voeg al die masala by en skroei ’n paar sekondes. Voeg die maalvleis bietjies-bietjies by en geur met sout en peper.
Voeg die tamatie by en laat prut 20 minute oor lae hitte. Voeg die ertjies by en laat prut nog 5 minute.
Verwyder die kastrol van die hitte en voeg die suiker en gekapte koljander by.
Sit voor saam met rys of roti’s.
Comments