top of page

Mieliepap met tamatie

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 24, 2015
  • 1 min read

Dié pap is eintlik ’n maaltyd op sy eie, maar jy kan dit ook met wors of ’n tjoppie voorsit.

Vir 4

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig

3 heel groenmielies

2 eetlepels botter

8 ryp tamaties, gehalveer

1 koppie mieliepap of polenta

3 koppies water

1 ui, fyngekap

’n knippie paprika

’n knippie rooipeper

1 teelepel sout

1 koppie cheddar, gerasper

Só maak jy

Smeer die mielies met botter en braai hulle op die rooster totdat die pitte plek-plek verkleur.

Smeer die tamatiehelftes met olyfolie en plaas hulle vel-na-onder op die rooster. Braai dit sonder om die helftes om te draai totdat die velletjies begin verbruin en die vleis sag is.

Meng die pap of polenta goed met die water en bring dit dan stadig tot kookpunt terwyl jy aanhou roer. Sodra dit kookpunt bereik, voeg die ui, paprika, rooipeper en sout by. Verminder die hitte, maar hou aan roer terwyl die pap prut.

Sny intussen die mieliepitte van die stronke af en druk die tamaties met ’n vurk fyn. Meng die pitte en fyn tamatie met die pap en roer gereeld totdat die pap dik en sag is.

Roer die kaas deur en sit dit dadelik voor met gebraaide wors en ekstra kaas om bo-oor te sprinkel.

WENK Skep die pap voor dit heeltemal afkoel uit op ’n vel foelie. Rol die foelie langwerpig op om ’n dik rol te vorm. Sny die volgende oggend die afgekoelde rol pap in wiele en braai dié in botter bruin. Sit dit voor met gebraaide spek vir ontbyt.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page