Mosterd Uie
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

3 kg piekeluie of gewone uie net in die helfte gesny
Skil die uie en kook dit vir 15 minute tot amper sag en dreineer.
SOUS:
8 eiers geklits met elektriese klitser (ek het my hand klitser gebruik)
5 kop suiker (gooi koppie gewys - 1 koppie op 'n slag en klits goed)
Voeg by: 500 ml wit asyn. Klits baie goed tot suiker
opgelos is.
Meng die volgende bestandele
7 ml sout
30/40 ml mosterdpoeier (ek het 40ml gebruik en Colemans se blikkie mosterd gebruik)
45 ml Maizena
250 ml wit asyn
Gooi by eier mengsel
Sit die uie terug in jou pot en giet die eiemengsel oor die uie.
Kook tot gaar en dik oor matige hitte. Roer af en toe. Bottel warm en verseel dadelik.
Maak 4x750g bottels (mayonasie bottels)
WENK: Gooi jou uie met skil en al in 'n bak en gooi kookwater oor die uie. Laat le tot water afgekoel het. Die uie skil baie maklik af.
Comentários