PIESANGS (OM TE VRIES)
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

Skil die piesangs en verpulp.
Voeg 10ml suurlemoensap per 250ml piesangmoes by en vermeng goed.
Meet die moes noukeurig in spesifieke hoevelhede af en bevreis vinnig in stewige houers.
Haal die bevrore piesangmoes uit die ouers en verpak in sakkies. Piesangmoes kan ongeveer 2 maande lank bevries word.
Hou die moes bedek tydens die ontdooingsproses en gebruik dit onmiddelik na ontdooing.
Wanneer die ontdooide piesangmoes in gebak, bredies, souse en self dranke gebruik word, moet ingedagte gehou word dat dit suurlemoensap in het en moet die resep dienooreenomstig aangepas word.
Comments