Soet groentamatie-tert
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 2 min read

Genoeg vir: 8-10 Bereidingstyd: 30 minute, plus yskastyd
Baktyd: 35-45 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
• 250 g (460 ml) koekmeel
• 30 ml suiker
• 150 g (165 ml) koue botter
• 1 groot eiergeel
• omtrent 60 ml yskoue water
Vulsel
• 6 middelslag-groen tamaties
• gerasperde skil van 2 klein suurlemoene
• 30 ml suurlemoensap
• 15 ml appelasyn
• 50 ml sultanas
• 40 g (75 ml) koekmeel
• 1 ml fyn kaneel
• 2 ml fyn gemmer
• 80 g tennis-koekies, fyngemaak
• 120 g (140 ml) suiker
• 30 g (32 ml) koue botter
1 Kors Meng die meel, 5ml sout en die suiker in ’n groot bak. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
2 Voeg die eiergeel en ’n klein bietjie water by en roer dit in met ’n stomp mes. Voeg genoeg water by om ’n ferm deeg te vorm. Rol die deeg in ’n bol en druk dit plat. Bedek dit met kleefplastiek en sit dit vir 30 minute in die yskas.
3 Haal die deeg uit die yskas en laat dit effens sagter word. Rol dit uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is – die sirkel moet groot genoeg wees om ’n tertbak van 22 cm uit te voer. Sny die rande netjies en sit dit weer vir 20 minute in die yskas.
4 Vulsel Sny die tamaties se stingelmerke uit en sny dit in skywe (maar moenie die eindpunte gebruik nie). Sit die tamatieskywe tussen twee lae kombuispapier om van die vog te absorbeer. Verwyder die papier en sit die skywe in ’n bak saam met die suurlemoenskil en -sap, asyn en sultanas.
5 Meng die meel, speserye, koekiekrummels, suiker en 1 ml sout. Sprinkel die helfte daarvan in die kors. Pak die tamatieskywe bo-op en sprinkel dan die orige krummelmengsel bo-oor. Stip dit met blokkies botter.
6 Bak die tert in die verhitte oond vir 15 minute. Verlaag die temperatuur tot 165 °C en bak dit tot die kors goudbruin is. Laat dit heeltemal afkoel voor jy dit sny en voorsit.
Comments