TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
- The Rainbow Team
- Jul 24, 2015
- 1 min read

BESTANDELE
1 eetlepel olyfolie
2 uie opgekerf
2cm vars gemmer (gerasper of gekerf)
2 huisies knoffel
1 rooirissie (saadjies uitgehaal en gekerf)
800g vars tamaties wat in die voedselverwerker fyngemaak is
100g bruin suiker (hoe donkerder hoe lekkerder)
100ml rooiwyn asyn
2 eetlepels tamatie puree
2 knippies gemaalde naeltjies
Koljander na smaak
Sout en peper na smaak
METODE
1. Verhit die olie in ‘n diep pan of pot en braai die uie, gemmer, knoffel en rissie tot sag.
2. Voeg nou al die ander bestandele by asook sout en peper na smaak. Laat liggies prut vir ongeveer 30min – hou ‘n ogie en roer gereeld. Die mengsel moet verdik, maar oppas vir aanbrand.
3. Laat effens afkoel en sit dit in ‘n voedselverwerker om dit glad te maak. Ek gebruik sommer die “stick blender” wat ‘n mens direk in die pot sit, dan is daar minder skottelgoed! Sou die sous te dik wees, roer gerus ‘n bietjie kookwater in.
4. Jy kan die mengsel deur ‘n sif gooi voordat jy dit in botteltjies giet (ek sit dit nooit deur ‘n sif nie). Die tamatiesous kan tot 3 maande in die yskas hou, maar ek vind dit word opgeëet lank voor die vervaldatum.
Geniet dit!!!!
Comments