top of page

STEAK IN SAMPIOEN EN MOSTERDSOUS

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 25, 2015
  • 1 min read

Hierdie heerlike resep begin met een basisresep waarmee die lekkerste kos opgetower kan word.

Basisresep vir geroomde sampioene:

60 ml botter

500 g gemengde sampioene, grof gesnipper

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

5ml vars tiemieblaartjies, fyngekap

100 ml sjerrie

500 ml room

Verhit die botter in ’n groot kastrol of diep pan en voeg die sampioene by. Braai vir ’n paar sekondes en geur goed met sout, peper en tiemie. Braai oor hoë hitte tot die sampioene amper gaar is en voeg die sjerrie by. Braai verder tot die meeste van die sjerrie weggekook is en voeg die room by. Kook en roer aanhoudend tot die mengsel afgekook en die room so dik soos karringmelk is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Lewer sowat 625 ml geroomde sampioene.

Steaks:

2x200 g rib-oog-steaks

Sout en vars gemaalde swartpeper na

smaak

30 ml olyfolie

1/2 hoeveelheid warm, geroomde

sampioene

5ml Dijon- of heelkorrelmosterd

Geur die steaks met sout en peper en besprinkel met olyfolie. Verhit ’n swaarboompan tot baie warm en seël die steaks aan albei kante. Roer die mosterd by die geroomde sampioene en skep op die steaks. Sit ’n deksel op en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer vyf minute en sit voor met groente. Lewer twee porsies.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page