BEESSTERT IN ROOIWYN EN TIEMIESOUS
- The Rainbow Team
- Jul 26, 2015
- 1 min read

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: omtrent 21⁄2 uur
Oondtemperatuur: 180 °C
1,5 kg beesstert
30 ml olyfolie
4 preie, opgesny
4 selderystingels, gekap
4 knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml koekmeel
625 ml klaargemaakte beesvleisaftreksel
375 ml rooiwyn
30-45 ml tamatiepasta
3-4 vars tiemietakkies, plus ekstra blaartjies vir garnering
2 lourierblare
4 wortels, gekrap en in die lengte in kwarte gesny (of baba-worteltjies)
5 ml gerasperde suurlemoenskil
fynaartappels en groen groente, om voor te sit
METODE:
Verhit ’n swaarboompot oor hoë hitte. Voeg die olie by sodra dit warm is en braai ’n paar stukke beesstert op ’n slag bruin. Skep die
bruingebraaide stukke uit en hou eenkant.
Verlaag die hitte tot medium en voeg die preie, seldery en knoffel by. Soteer vir ’n paar minute, en roer dan die meel by. Gooi die
aftreksel bietjies-bietjies by. Voeg die rooiwyn, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Roer goed, en skep dan die beesstert terug. Verhit tot kookpunt en haal van die plaat af.
Gooi alles in ’n oondskottel, sit die deksel op en bak vir ’n uur. Sit die wortels en suurlemoenskil by en geur met sout en baie
varsgemaalde swartpeper.
Bak dit vir nog 1-11⁄2 uur sonder die deksel tot die vleis baie sag is. Haal dit uit die oond uit en laat dit vir ’n rukkie eenkant staan. Skep die vetlagie af. Sit voor met fynaartappels en groen groente. Garneer met vars tiemieblaartjies.
Commentaires