GESPESERYDE PYNAPPEL HOENDER
- The Rainbow Team
- Jul 26, 2015
- 1 min read

30 ml (2 e) botter, gesmelt
60 ml (¼ k) gebottelde balti-kerriesous
1 knoffelhuisie, fyngemaak
3 takkies tiemie
15 ml (1 e) hoenderspeserye
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
sout en peper na smaak
1,5-2 kg heel hoender
1 pynappel, geskil en in blokkies gesny
SOUS:
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
60 g (1 pakkie)
sampioensop
aartappels vir opdiening
Voorverhit die oond tot 220 ºC
Meng die botter, balti-sous, knoffel, tiemie, hoenderspeserye, kaneel en sout en peper in ’n mengbak.
Druk klein gaatjies met ’n skerp mes aan die bors en vryf die hoender binne en buite uit met die spesery-marinade.
Bedek en verkoel die gemarineerde hoender vir 1 uur of oornag.
Stop die hoender met die blokkies pynappel op.
Kap die oorskietpynappel fyn en meng dit met die aftreksel en sampioensop.
Gooi die mengsel in ’n braaipan.
Sit die hoender in die pan en sit dit vir 30 minute in die oond.
Smeer intussen die gesnyde aartappels met olie en pak hulle om die hoender, en verminder die hitte tot 180 ⁰C vir 20 minute of tot die hoender gaar is.
Comments