top of page

HENTIESBAAI SE TUISGEBAKTE BROOD

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 26, 2015
  • 2 min read

Hierdie resep het ‘n wonderlike Tannie van Gansbaai vir ons gegee op Hentiesbaai van alle plekke. Dit is ‘n baie maklike resep wat geen geknieëry nodig nie maar smaak soos my skoonma se tuisgebakte brood van ouds. Die enigste probleem is dat hierdie broodjie gewoonlik nie die aand uitsien nie. As jy dus brood vir more ook wil hê moet jy maar twee bak.

Hier is die resep:

500g wit broodmeel (Jy kan ook 250g bruin broodmeel en 250g wit broodmeel as alternatief gebruik, net vir ‘n bietjie afwisseling. Die foto hierbo is geneem van so ‘n broodjie)

2 eetlepels suiker

Sout na smaak (1½ -2 teelepels sout)

1 pakkie droë gis (10g)

± 2 koppies lou water

Meng droë bestandele. Voeg dan stadig die lou water by terwyl jy verder meng. Die deeg moet stewig wees nie te pap nie anders loop dit oor wanneer jy dit bak. Plaas die deeg in ‘n goed gesmeerde 22cm lang broodpan en laat staan vir ± 1 uur om te rys.

Mooi gerys en reg vir die oond

Bak vir ± 1uur in ‘n staal bakoondjie (ons een kom van Pioneer Plastics in Rosslyn, Pretoria, maar jy kan hulle ook by Makro of die meeste 4x4 winkels koop, ja ek weet dit klink snaaks maar dit is die regte maatskappy) met kole onder (10 brikette) en kole bo op die deksel (8 brikette). Ek grawe gewoonlik ‘n mooi reghoekige gat in die grond waarin die bakoondjie net mooi pas. Dit verhoed dat die wind die hitte weg waai en dat jy altyd dieselfde bak omstandighede sal hê. Ek plaas dan ook twee brikette aan weerskante van die oondjie tussen die sykante van die gat en die lang sykante van die oondjie.

Om die broodjie maklik uit die pannetjie te kry dop ons die pannetjie om op ‘n skoon afdroog doek en plaas dan ‘n nat opwaslap oor die warm pannetjie. Die brood sal so effens sweet en dan gly hy sommer uit die pannetjie na ‘n minute of twee.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page