PIEKELS
- The Rainbow Team
- Jul 26, 2015
- 1 min read

Hier is 'n handige resep om te bere vir enige groente wat jy wil piekel.
PIEKELS
Die Klassieke Formule van die Vloeistof wat vir enige piekels gebruik kan word is:
1 liter asyn
1 stuk pypkaneel van 5 cm
1 teelepel naeltjies
2 teelepels vinkelsaad
1 teelepel swartpeper
1 teelepel mosterdsaad
3 loerierblare
Gooi alles bymekaar en bring tot kookpunt, sit die hitte af en laat staan die mengsel vir 3 dae. Gooi deur 'n sif en gebruik die vloeistof vir jou piekels, warm of koud
Comments