top of page

BEESVLEISPOT MET MIELIEBROOD

  • Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere
  • Jul 27, 2015
  • 2 min read

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

Genoeg vir 6 mense

15 ml (1 e) olie

1 kg beesvleis-ghoelasj

250 g spekvleis, gekap

2 uie, in skywe gesny

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

60 ml (¼ k) tamatiepasta

410 g (1 blik) gekapte tamaties

375 ml (1½ k) water

skil van 1 suurlemoen

sout en peper, na smaak

MIELIEBROOD:

500 ml (2 k) polenta of pap

’n knippie sout

15 ml (1 e) suiker

10 ml (2 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) koeksoda

250 ml (1 k) karringmelk of suurmelk

2 eiers

400 g (1 blik) roommielies

30 ml (2 e) olie

METODE:

Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Verhit olie in ’n pot oor hoë hitte. Voeg die beesvleis by en braai 5 minute tot goed verbruin. Voeg die spekvleis by en braai 2 minute terwyl jy roer. Roer die uie, soetrissie, tamatiepasta, tamaties en water in. Bring tot kookpunt en verminder die hitte tot laag. Bedek en laat ’n uur prut of tot die vleis sag is.

Haal die deksel af, voeg die suurlemoenskil by en laat prut ’n halfuur of tot die sous verdik het. Haal die vleis uit die pot en vlok met ’n vurk. Sit die vleis in die pot terug en geur met die sout en peper na smaak. Verhit vyf minute oor lae hitte.

MIELIEBROOD: Smeer ’n 20-cm-broodpan. Meng die polenta, sout, suiker, bakpoeier en koeksoda. Meng die karringmelk, eiers, mielies en olie in ’n groot bak. Meng die droë bestanddele by die karringmelkmengsel in en roer tot goed gemeng. Giet die beslag in die broodpan en bak 40 minute of tot gaar in die middel.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page