top of page

OESTERS EN PERLEMOEN

  • Lekker Resepte vir Jagers & Boere
  • Jul 27, 2015
  • 4 min read

Die oopmaak van 'n oester is 'n kuns wat versigtig aangepak moet word. Gebruik 'n skerp mes.

Druk die oester vas op 'n stewige oppervlak met die gepunte skarnierkant na jou en die gekelkte skulp ondertoe.

Steek die mes tussen die boonste en onderste skulpe ongeveer in die middel van die oester in.

Die mes kan ook aan die ronde kant weg van jou ingesteek word waar die skulp die sagste is.

Sodra die skulp binnegedring is, moet heen en weer van die een kant na die ander gesny word teenaan die boonste, plat skulp om die spier af te sny sonder om die oester se lyf te beskadig.

OESTERS!

Koljander sous

1/3 rooi rissie, gekap

1 knoffelhuisie, gekap

2 e strooisuiker

1 e vars koljander gekap

3 e rysasyn

1 t sojasous

½ t sesam-olie

½ t olyfolie

Wasabi-komkommer

½ t wasabipasta

1 e rysasyn

1 e strooisuiker

1 klein komkommer, in linte gesny

1 e gepekelde gemmer, in repies gesny

12 oesters, oopgemaak

Vir die koljandersous, meng al die bestanddele saam.

Vir die wasabikomkommer, meng die wasabi, rys asyn en strooisuiker. Giet oor die komkommerlinte en laat staan 5 minute. Plaas die gepekelde gemmer en wasabikomkommer op elke oester. Giet koljandersous oor. Baie lekker!!!1/9/10

Weet nie waar kom ek aan die resep nie maar dit is baie lekker!!

Oysters with various toppings

The toppings on our oysters are a chilli, coriander and lime juice combination; watermelon hearts with a squeeze of lime and a grinding of black pepper; and strawberry ice rounded off with black pepper and decorated with mini hearts cut from fresh strawberrys. The decoration on the plate is cut out of watermelon using a bigger cookie cutter.

Strawberry ice

(makes 1½ cups)

½ cup water

¼ cup sugar

500g strawberries

2T lemon or lime juice

Boil the water and sugar for 3-5 minutes to dissolve the sugar and allow to cool. Puree the strawberries and mix with the sugar syrup. Mix in the lemon or lime juice. Pour mixture in a stainless-steel container (freezes faster) and place in the freezer for 6 hours, beating once or twice to break up the ice crystals. If you have an ice-cream mixer, churn the mixture until it is firm enough to scoop.

By: Boere

Gebraaide perlemoen

met 'n pikante sousie en kruieslaai

(bedien 2)

Bestanddele: 4 perlemoene (100-120g elk) skoongemaak uit die skulp en saggemaak -(gebruik die plat kant van 'n mes en slaan 'n paar keer op die spier in die middel van die perlemoen)

2 e -olie

1 knoffelhuisie, fyngekap

3 e kokosroom

Sous:

1 klein bossie vars koljander

3 knoffelhuisies

3 groen rissies

2.5 e fyn suiker

6 e lemmetjiesap

2 e Thai vissous

Slaai

6 mentblare

6 basiliekruidblare

halwe koppie dun gesnyde komkommer met skil

kwart koppie boontjiespruite

2 sprietuie, opgesny

Metode:

Sit koljander, knoffel en rissies in 'n stamper en stamp tot fyn puree. Voeg by suiker, sap en vissous.

Plaas perlemoen in olie, kokosmelk en fyngekapte knoffel. Los vyf minute in die bak. Plaas op braairooster en braai 30 sekondes tot een minuut per kant tot goed gekarameliseer. Meng al die slaaibestanddele bymekaar, plaas perlemoen in sy skulp met slaai en gooi van die sous oor.

Perlemoenpotjie

6 perlemoene skoongemaak en in repies gesny en saggies gekap

4 groot uie, gekap

8 jong aartappeltjies

2 eetlepels margarien

2 eetlepels olie

1/2 kop wit wyn

1/2 teelepel neutmuskaat, fyn

1 teelepel vars of gedroogde pietersielie

/1/2teelepel dille (droog)

sout en suurlemoenpeper na smaak

sap van twee suurlemoene of 4 eetlepels

Metode: Soteer die uie en aartappels vir 'n paar minute (4) in die olie en margarien in 'n dikboom-kastrol. Gooi / koppie wit wyn by en plaas deksel op en laat stadig prut totdat aartappels sag is. Voeg die perlemoen en res van bestanddele by en laat prut vir 15 minute totdat perlemoen gaar is. Gooi / koppie tot 'n koppie room (opsioneel) by en laat prut vir 5 minute tot deurgekook. Bedien met varsgebakte bruinbrood.

Gestoofde Perlemoen

Bedien 4

2 middelgrootte perlemoen, 7mm dik gesny, gestamp en gehalveer

25 ml olie

1 groot ui, dun gesny

250 ml droë witwyn

3 repies spekvleis, in 30 mm-stukkies gesny

12,5 ml gekapte pietersielie

sout, varsgemaalde swartpeper

'n bietjie neutmuskaat

1 lourierblaar

10 ml hoenderekstrak

Metode:

1. Verhit olie in braaipan

2. Voeg uie by en kook tot deurskynend

3. Voeg perlemoen by en braai liggies aan albei kante

4. Plaas in 'n oondskottel, voeg wyn, spekvleis, pieterselie, sout, peper, hoenderekstrak, neutmuskaat en lourierblaar by. Bak teen 175º C vir 1½ uur of totdat perlemoen sag is.

5. As die vleistof verdamp gedurende gaarmaak, kan meer water bygevoeg word om meer sous te maak.

6. Sprinkel met vars gekapte pietersielie en bedien met gekookte rys.

Gestoofde perlemoen met groente

Bestandele

450 g (1 lb) fyngemaakte perlemoen

3 spekvleisrepies (klein stukkies gesny)

2 selderystele (dun skyfies gesny)

1 klein uitjie (fyn gekap)

3 middelslag-aartappels (geskil en blokkies gesny)

2 geelwortels (skywe gesny)

1 teelepel sout

¼ teelepel peper

knippie droë tiemie

5 eetlepels botter of margarien

5 eetlepels meelblom

4 koppies melk

rys

Metode

Laat gemaalde perlemoen 1 uur lank, of tot sag, in 2 koppies water prut. Dreineer. Berei groente: Bak spekvleis stadig in braaipan, voeg seldery en ui by en soteer tot deurskynend. Kook aartappels en wortel in 2 koppies water met sout, peper en tiemie tot amper sag, dreineer. Smelt bottet in groot kastrol, roer meelblom in en kook totdat dit borrel. Roer melk geleidelik by. Voeg perlemoen, spekvleismengsel en gaar groentes by. Verhit, maar moenie kook nie. Bedien by rys. Vir 6 persone.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page