OM GEROOKTE HAM GAAR TE MAAK
- Lekker Resepte vir Jagters & Boere
- Jul 27, 2015
- 1 min read

GEKOOK:
Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute per 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans. (Sien beskrywing)
IN DIE OOND:
Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g. Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word.
HOE OM TE VERGLANS:
Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg
mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis en bak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin
Comentarios