top of page

Perfekte Sondagvarkboud

  • Lekker Resepte vir Jagters & Boere
  • Jul 27, 2015
  • 2 min read

1 varkboud van ongeveer 5 kg

Fyn sout

Grof gemaalde sout

1 suurlemoen, middeldeur gesny

Begin die dag voor jy die varkboud wil voorsit. Maak vlak insnydings deur die vel en vet van die varkboud. Hoe nader aan mekaar die insnydings is, hoe makliker gaan die vel bros en krakerig bak, so probeer om die snye nie verder as 1 cm uitmekaar te maak nie.

Maak seker die vel is goed droog. Besprinkel die boud mildelik met fyn sout en vryf dit goed in die vel en in die insnydings. Sprinkel 'n bed grof gemaalde sout in 'n oondbak en sit die boud, met die gesnyde velkant na onder, op die sout neer. Sit dit oornag in die yskas.

Haal die boud die volgende dag uit die yskas en gooi die sout weg. Vee die boud goed af met 'n skoon lap en maak seker die vel is heeltemal droog. Vryf die hele vel goed met 'n halwe suurlemoen (of gebruik 'n asynlap) sodat die vel met 'n dun lagie suurlemoensap of asyn bedek is. Besprinkel weer met fyn sout en vryf dit goed in.

Voorverhit die oond tot 250 C. Sit die vark in die vuurwarm oond en oondrooster onbedek vir 40-60 minute of tot die vel bros en goudbruin is. Verlaag die hitte na 140 C en oondrooster die vark verder vir 3-4 uur tot die vleis baie sag is.

Sodra die vleis gaar is, skakel die oond se roosterelement aan en druk die boud onder 'n rooiwarm oondrooster tot die vel bros, goudbruin en krakerig is. (Wees versigtig om die vel nie teenaan die roosterelement te sit nie, anders sal dit brand.)

Laat rus die boud (maar moet dit nie bedek nie) vir 10 minute voor jy dit sny. Lewer 14 porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page