top of page

SPEK EN MOSSELS SOSATIES

  • Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere
  • Jul 27, 2015
  • 1 min read

"Surf & Turf"

’n Repie spek rondom ’n mossel sorg vir net daai ekstra bietjie sout, en dit maak van dié gereg ’n wenner.

JY BENODIG:

(vir 5 mense)

VIR DIE SOSATIES

30 vars swartmossels

’n halwe bottel witwyn

15 repies strepiespek

5 sprietuie (gebruik slegs die groen deel)

VIR DIE SOUS:

1 teelepel kookolie

’n hand vol grasuie, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

125 g gesoute botter

’n halwe koppie room

sout en peper

SO MAAK JY:

Maak die sous: Verhit die olie in ’n pan en braai die helfte van die grasuie vir ’n paar sekondes saam met die knoffel. Gooi die botter by en laat dit smelt.

Haal die pot van die hitte af en gooi room en die res van die grasuie by. Geur dit na smaak met sout en peper.

Maak die sosaties: Laat lê 5 sosatiestokkies vir minstens 10 minute in water sodat dit nie brand nie.

Stoom intussen die mossels oor matige kole in witwyn totdat elkeen oopmaak (gooi dié weg wat nie oopmaak nie). Haal die mossels uit die dop en spoel hulle onder lopende water af.

Draai elke mossel met ’n repie spek toe en ryg dan 6 mossels op elke sosatiestokkie.

Sny die groen deel van ’n sprietui in stukkies van ongeveer 3 cm en sit ’n stukkie tussen elke mossel op die stokkie.

Braai die sosaties oor matige kole totdat die spek bros en bruin is – ongeveer 10 minute. Bedruip die sosaties met die sous

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page