WENNER EISBEIN
- Lekker Resepte vir Jagters & Boere
- Jul 27, 2015
- 1 min read

Kook eisbein eers gaar. Koel af, en bak in warm diep olie tot goudbruin. Glo my dis 'n treffer. My restaurant resep.
Eisbein
15 ml kookolie
2 uie, in skywe gesny
3 gepekelde varkskenkels
5 ml mostertpoeier
1 lourierblaar
1 wortel, geskraap
2 swartpeperkorrels
25 ml suurlemoensap
500 ml water
Verhit die kookolie en sorter die uie totdat dit deurskynend is.
Plaas die uie saam met die res van die bestanddele in ‘n kastrol en verhit dit tot kookpunt.
Die skenkels moet bedek wees met die water.
Plaas die deksel op, stel die plaat af en laat dit vir 1 ½ uur lank prut, of totdat die vleis sag is.
(6 porsies)
Bedien met suurkool en panbraai aartappels.
Comments