Bierpotjie
- The Rainbow Team
- Jul 28, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 2-3 uur
1 kg stowe-steakvleis
meel, gegeur met sout en peper
40 g botter of 30 ml (2 e) olie
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
75 g spekvleis, gekap
250 ml (1 k) bier
250 ml (1 k) verhitte vleisaftreksel
5-10 ml (1-2 t) sout
peper
60 ml (¼ k) room
5-10 ml (1-2 t) meel (opsioneel)
45 ml (3 e) pietersielie, fyn gekap of mikrokruie
Sny die vleis in hapgroottestukke en rol in die gegeurde meel.
Verhit die botter of olie in ’n swartpot. Braai die vleisstukke bietjie vir bietjie op warm kole tot bruin. Skep uit.
Braai die ui, knoffel en spek in die pot tot sag. Voeg die vleisblokkies by.
Voeg die bier en aftreksel by en geur na smaak met sout en peper.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat 2 uur op stadige kole prut of tot die vleis sag is.
Meng die room (met meel gemeng as dit te loperig is) en voeg by. Verhit tot die sous kook en effens verdik.
Geur na smaak en sprinkel pietersielie of mikrokruie oor.
Comments