Hoenderquiche
- Antoinette
- Jul 28, 2015
- 1 min read

Oorskiet-braaihoender werk gewoonlik perfek.
LEWER 1 MIDDELSLAG QUICHE
Bereiding: 20 min.
Staan: 30 min.
Gaarmaak: 55 min.
KORS
225 g koekmeel, gesif
2 ml (½ t) droë
gemengde kruie
150 g botter
1 eier
1 eiergeel
10 ml (2 t) melk
VULSEL
10 ml (2 t) olyfolie
125 g sampioene, in skywe gesny
1 rooi-ui, in halwe ringe
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml (1 t) geroosterde masala
sout en vars gemaalde peper
2 gaar hoenderborsfilette, versnipper
250 ml (1 k) room
3 eiers
vars preie, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 20 cm-tertpan met kossproei.
Kors Meng die meel en kruie en vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eier, eiergeel en melk saam en giet dit by die meel in. Meng goed tot dit ’n bal deeg vorm. Verkoel 30 min.
Druk die deeg in die pan. Bak 15 min. blind. Haal uit en laat afkoel.
Vulsel Verhit die olie en braai die sampioene, uie en knoffel tot goudkleurig. Voeg die masala by, geur met die sout en vars gemaalde peper en voeg die hoender by. Roerbraai sowat 1 min.
Skep die hoendermengsel in die kors. Klits die room en eiers saam en giet dit oor die hoender. Bak 20 min. onbedek in die oond en nog 15-20 min. bedek tot geset. Garneer met die gekapte preie en sit voor.
Comments