Paprika-beesvleisbredie
- The Rainbow Team
- Jul 28, 2015
- 1 min read

Paprika-beesvleisbredie - op so n koue dag kan mos net net lekker wees
Bestanddele
1 e sonneblomolie
750 g stowebeesvleis, oortollige vet afgesny en in 2 cm-blokkies gekap
25 g koekmeel
1 rooi-ui, grofgekap
1 elk rooi en groen soetrissie, saadjies verwyder en grofgekap
1½ t paprika
5 e tamatiepuree
500 ml beesvleisaftreksel
250 g langkorrelrys, gewas vars koljanderblare of pietersielie
room om bo-oor te drup
Aanwysings
Verhit die olie oor medium hitte in ’n groot pan. Bedek die vleis intussen met die meel en maak seker elke stukkie is goed bedek. Verbruin die vleis in ’n pan. (Indien nodig, doen dit in sarsies.)
Gooi die vleis terug in die pan wanneer dit verbruin het. Voeg die uie, soetrissies, paprika en tamatiepuree by en braai alles vir 5 minute. Roer die aftreksel by, bring tot kookpunt, bedek en laat prut vir 1 uur of tot die vleis sag is.
Wanneer die vleis nog 15 minute lank moet kook, haal die deksel af, roer af en toe, en kook rys volgens aanwysings.
Garneer die beesvleis met die koljander of pietersielie en ’n skeut room indien verkies. Bedien met rys.
ELKE PORSIE (sonder room) 2 370 kJ, 12 g vet (5 g versadigde vet), 71 g koolhidrate (11 g totale suiker).
Wenk: Berei alles tot aan die einde van stap 2. Laat heeltemal afkoel en skep uit in ’n houer wat vir die vrieskas geskik is. Bedek en vries tot ’n maand lank. Om te bedien, ontvries dit oornag in die yskas. Gooi dit uit in ’n pan en verhit dit oor lae hitte. Voltooi die res van die resep.
Comments