PASTA GEREG
- The Rainbow Team
- Jul 28, 2015
- 1 min read

(Genoeg vir 4 Mense)
½ na ¾ pakkie noedels (gaar en gedreineer)
500 gr maalvleis
1 groot ui geskil en gekap
8 sampioene gekap
6 repies spek (gekap)
½ tl knoffelvlokkies (die kan opsioneel wees)
3 eetl blatjang
1 tl droe mosterd poeier (die kan opsioneel wees)
1 pakkie tamatie “paste”
Sout en peper na smaak
8 eiers
½ kop melk of room (of half en half)
1 tamatie – in dun skyfies gesny
Gerasperde kaas
Braai jou spek, ui, sampioene en maalvleis met die knoffelvlokkies tot gaar
Voeg die blatjang, mosterdpoeier, pakkie tamatie paste, sout en peper by
Roerbraai vir nog ‘n rukkie
Klits die melk en eiers
Gooi ½ vd macaroni in ‘n gespuite oondbak
Gooi die ½ vd maalvleismengsel oor
Herhaal die laag
Sit die dun gesnyde tamaties oor, gooi die eiermengsel oor en dan die kaas
Bak ongeveer 30 na 40 min in oond 180 C of tot eier gestol is in die middel
Commenti