top of page

Stokkie-worsrolletjies

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Jul 28, 2015
  • 1 min read

Iets lekkers vir die kinders terwyl die grootmense braai.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: sowat 20 minute

Staantyd: sowat 1 uur

Baktyd: sowat 40 minute

400 g dun boerewors

sowat 500 g brooddeeg

50 g botter, gesmelt

tamatiesous om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Week 8 sosatiestokkies in water.

Sny die wors in stukke van sowat 10 cm en ryg elke stuk op ’n sosatiestokkie.

Verhit ’n riffelpan en braai die wors tot amper gaar. (Hierdie kan ook sommer op die braai gedoen word) Laat afkoel.

Laat rys die deeg sowat 20-30 minute. Knie dit af op ’n meelbestrooide werkoppervlak en deel dit in ewe groot balle.

Vorm lang deegworse. Draai hulle om die gebraaide wors en knyp die punte aan die bo- en onderkant van die wors vas.

Plaas die rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat en laat rys sowat 20 minute.

Smeer die rolletjies met die botter en bak 20-30 minute of tot gaar.

Sit voor met tamatiesous of selfs stukke vars tamatie.

 
 
 

コメント


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page