top of page

Varkneksteaks met mosterd

  • Lekker Braai
  • Jul 28, 2015
  • 1 min read

Varkneksteaks is anders as die res van die snitte aan die varkkarkas. Dit is goed gemarmer met vet en daarom is dit heerlik sag. Die marinade is hemels hierby. Vark hoef nie meer goed gaargemaak te word nie, want varke word deesdae in beheerde omstandighede grootgemaak, wat die vleis mediumgaar ook veilig maak om te eet.

Genoeg vir 6

Bereiding: 30 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

MARINADE

180 ml (¾ k) lemoensap

30 ml (2 e) appelkooskonfyt

30 ml (2 e) heelkorrel-mosterd

15 ml (1 e) sojasous

30 ml (2 e) olie

knippie elk fyn komyn, gemmer en koljander

hand vol gekapte koljanderblare

VARK

6 varkneksteaks, 3 cm dik gesny

sout

Marinade Meng al die bestanddele en laat die vleis 30 min. daarin marineer.

Vark Geur die vleis met die sout en braai oor warm kole tot dit alkant geseël is. Stel die rooster hoër en braai tot gaar, maar nie droog nie. Verf gereeld met die marinade terwyl jy braai.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page