Varkribbetjie met blatjangsous
- The Rainbow Team
- Jul 28, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Staantyd: 1 uur of oornag
Marinade
100 ml olie
250 ml matige blatjang
60 ml suurlemoensap
60 ml lemoensap
60 ml worcestersous
10 ml heelkorrelmosterd
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
Vleis
1 varkribbetjie van 2,5 kg
sout
Marinade
Meng al die bestanddele en giet oor die vleis. Laat staan terwyl die kole gereedgemaak word, of oornag indien verkies.
Vleis Geur die ribbetjie met die sout en braai dit 1-1? uur hoog bo warm kole. Verf gereeld met die marinade.
Geniet
Antonette
Comments