GEBAKTE VIS MET TARTAARSOUS
- Helena Kruger
- Jul 29, 2015
- 1 min read

6 stokvis filette, ontdooi indien bevrore
1 vars suurlemoen
Sout en vars gemaalde swart peper na smaak
80ml klaar bereide tartaarsous
2 uie fyngesny in ringe
Paar tiemietakkies
Metode:
Voorverhit die oond tot 200°C en voer ‘n bakplaat met foelie uit.
Smeer liggies.
Pak gesnyde uie onder in jou pan en gooi so n halwe koppie water bo-op
Pak die vis op die uie en geur die vis met suurlemoensap, sout en peper en visspeserye
Smeer ‘n goeie lepel of twee tartaarsous oor elke porsie vis [smeer maar genoeg]
Oondrooster tot die vis en uie deurgaar is. Sit dadelik voor op fyn aartappels met ‘n paar takkies tiemie bo-op en heerlike groenslaai.
Comentarios