Ingelegde kerrievis ontbyttertjies
- Brêkfis met Derrich
- Jul 29, 2015
- 1 min read

Bestanddele
4 velle fillodeeg
2 teelepels (10 ml) botter, gesmelt
2 eetlepels (30 ml) olie
1 ui, grof gekap
100g kersietamaties, in kwarte gesny
2 teelepels (10 ml) borriepoeier
250g ingelegte kerrievis, gevlok
2 eiers
1 koppie (250 ml) room
1 teelepel (5 ml) paprika
4 eetlepels (60 ml) pietersielie, fyn gekap
Sout en swartpeper na smaak
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n medium-grootte muffinpan met kleefwerende sproei.
Sny die fillodeeg velle in 12cm x 12cm vierkante en verf met die gesmelte botter.
Voer die muffinpannetjie-holtes elk met 2 fillodeeg vierkante uit.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie, tamaties en borrie vir 5 minute of tot die uie sag is. Verdeel die uie-mengsel tussen elke fillo-tert bakkie en volg met die ingelegde vis.
Klits die eiers, room, paprika en pietersielie saam in ‘n mengbak.
Geur met sout en peper.
Giet die eier-mengsel in die fillo-tert bakkies tot ¾ vol.
Plaas in die oond en bak vir 10-15 minute of totdat die eiermengsel gestol is.
Bedien warm.
Comentários