Oulike Planne met PILCHARDS VIS
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2015
- 2 min read

Driekie Grobler:
Al wat ek daarmee maak is viskoekies, roer net 2 eiers en bietjie self raising flouer by, 'n bietjie gemaalde swartpeper en worcestersous en bak lepelsvol in vlak warm olie, bedien met 'n slaai of kapokaartappels.
Petro Burger:
Ek het al tamatie en uie gebraai en die pilchards heel op die tamatie en uie gesit in pan met die sous en dit op rooster brood geskep net so lekker saam noedels
Jannie Duvenage
'n Vinnige dis, as jy nie iets groots aanmekaar wil slaan nie. Vat 'n pak spaghetti, maak gaar. Vat n pakkie creamy mushroom, een blik pilchards in tamatiesous (so 5 of 6 groot pichards - ek haal nie grate uit nie), klein bakkie room, een ui klein gekerf, dan so bietjie speserye na smaak, petersielie. Titseltjie olie om die uie na so goudbruin te braai, voeg dan die pilchards (stukkies gebreek) by, voeg dan die speserye na smaak by, maak die pakkie creamy mushroom aan met bietjie koue water (geen klonte), gooi in en dan direk die room (ek doen myne sommer in n pan) en kook tot amper dik, gooi dan oor die pasta en bedien. Heerlik en voedsaam
Laetitia Nel
Maak tamatievis fyn sny fyn uie in bietjie spice sout peper. En so 3 snye brood gekrummel. Vat een blik ideal melk en meng mt vis. Gooi in gesmeerde bak en vat n pakkie of twee smash wat aangemaak is smeer bo oor vis. Strooi bietjie kaas oor sprinkel mt paprika as jy het versier mt tamatie skywe en bak so 30 na 35 min in oond 180 grade. Dit is lekker en mense vra na meer. Vinnig om te maak en lyk goed met opdiening ook. Kan soet ertjies daarby bedien. As jy van bietjie sterk kos hou gooi paar druppels chillie sous by vismengsel
Corne Liebenberg
Neem 'n pak gekoopte brooddeeg en druk dit plat op 'n gesmeerde bakplaat. Breek 'n blikkie pilchards (geur van jou eie keuse) en smeer oor die deeg. Strooi seesout en swart peper oor en bak in die oond tot die brood gaar is. Bedien met 'n mengelslaai.
Comments