ROLLMOPS
- Katrina Hentze Sivori
- Jul 29, 2015
- 2 min read



( Die resep is uit my kop uit…. Van my ma gekry jare gelede)
Wit DRUIWE asyn
Suiker
Robersons pickling spice
Vars pilchards gefillet en in growe sout gele (minstens 3 dae)
Agurkies in repies gesny
Uie in ringe gesly ( sny dan die ringe in helfde)
Ek kan nie maates gee nie want dit hang af hoeveel vis jy gaan inle.
Vir elke koppie asyn gebruik ek n halwe koppie suiker ( ek gebruik GLAD nie water in my inle resepte nie, want dit hou langer as jy net asyn gebruik) . Maar sodra jy baie asyn gebruik, skaal af met die suiker anders is dit te soet. Ek proe myne. Almal se smaak is anders. Vir 750ml Asyn gebruik ek 1 boksie pickling spice. ( Ek kook gewoonlik so 8 x 750ml bottels asyn …. Dis genoeg vir so 20 bottels rollmops op n slag)
Sit asyn, suiker en pickling spice in n pot en kook vir so 20 minute. Laat afkoel.
As die vis vir so 3 dae in die sout gele het, spoel goed af en maak droog. (Ek pak myne in lae, tussen afdroog lappe…. Die lappe sal so 4 keer daarna gewas moet word om die visreuk uit te kry )
Kry jou agurkies en uie reg en begin rol…. Bietjie uie en argurkie binne in die vis fillet. En pak in skoon bottels. Ek gebruik nie tande stokkies om my vis toe te hou nie. Ek gebruik chopsticks om my opgerolde rollmop in die bottle te pak. As jy hom mooi pak bly hy opgerol. Al gekonfyt met die story … doen dit amper 30 jaar al so . Daai tande stokkies kan iemand lelik seer maak as hulle dit nie sien nie, en dit vat ook spasie in die bottle. Gooi ook so tussen die rollmops in die bottle nog uie en agurkies.
Sodra jy alles in bottels het, skep die asyn sous oor en sorg dat die asyn tussen die rollmops is en hulle is mooi bedek. Seel en geniet. Na so week sal hulle reg wees om te eet. Hoe langer hulle staan, hoe lekkerder.
Verskoon tog asb. my Afrikaans.
Comments