Samantha se salige salm (Salmpasta)
- Tjailatyd
- Jul 29, 2015
- 1 min read

Bestanddele
400g tagliatelli
2 x 250ml vars room
300g gerookte salm
swartpeper
vars knoffel
handvol grasuie
parmesaan-skaafsels
Metode
Kook pasta in soutwater.
Sny vis in repies.
Verhit room in kastrol.
Sodra dit bietjie gekook het, stel die hitte laer.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die pasta en
die kaas, by.
Laat dit prut en 'n dik sous vorm.
Bedien op pasta met parmesaan-skaafsels.
Comments