SANCHé SE OONDGEBAKTE SOUSKLUITJIES
- Sanché Vermaak
- Jul 29, 2015
- 1 min read

Vir almal wat gevra het vir my Gebakte souskluitjieresep.... hier is hy......
Sous :
1 1/2 Liter water
300g Suiker ( 375ml)
5ml Kaneel
2ml Sout
Deeg:
500ml Koekmeel (ongesif afgemeet)
15ml Bakpoeier
1ml Sout
30 ml Margarien of botter
2 Eiers geklits
125 ml Melk
Kaneelsuiker na smaak
Voorverhit oond 180 grade celsuis
Sous :
Verhit water, suiker, kaneel en sout saam tot kookpunt
Kook dan vir 3minute. Maak intussen die deeg aan.
Deeg:
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter in meel met vingers tot goed gemeng.
Meng eiers en melk, voeg by meelmengsel in en meng tot deeg.
Gooi die kokende stroop in groot diep oondskottel met 'n deksel.
Skep desertlepelsvol deeg netjiese hopies in die sous.
Doop elke keer die lepel in die warm sous voordat die volgende kluitjie geskep word.
Strooi kaneelsuier bo-oor
Sit deksel op en bak die kluitjies vir 40-45 min.
Dien warm op en verkeer eeeeetsaaaaam......
Comments