Smoorsnoek
- Kos vir kampeerders met idees vir kampering
- Jul 29, 2015
- 1 min read

Smoorsnoek,´n heerlike Kaapse Maleies vis dis wat met snoek, aartappels en speserye gemaak word is gewoonlik met rys en moskonfyt bedien maar appelkoos konfyt kan ook gebruik word.
Lewer: 4-6 porsies
1 gaar snoek
30 ml botter
5 ml olie
2 groot uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 groen brandrissies, fyn gekap
2 ryp tamaties, gekap
2 groot aartappels
500 ml gekookte rys
wit peper
vars pietersielie as garnering
Kook aartapples en sny in blokkies.
Vlok die vis snoek met jou hande en haal al die grate uit.
Hou dit eenkant om later te gebruik.
Verhit die botter en olie in ´n pan en smoor die uie en knoffel oor lae hitte tot deurskynend.
Voeg die brandrissies, tamaties en aartappelblokkies by.
Roer die snoek deur en verhit terwyl dit geroer word.
Indien die mengsel effens droog lyk, voeg nog ´n bietjie botter by.
Roer die rys by en geur met witpeper en pietersiele.
Comments