Tokkie se tjoef-tjaf tuna
- Tjailatyd
- Jul 29, 2015
- 1 min read

Bestanddele
2 blikkies tuna, gedreineer
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels blatjang
1 eier
½ koppie melk
1 groot pak kaas- en uieskyfies, fyngemaak
1 koppie kaas, gerasper
Metode
Meng alles saam in 'n oondbak, behalwe die kaas.
Mikrogolf vir 7 minute op medium, en dan 2 minute op hoog.
Sprinkel die kaas oor, en bedien met 'n groenslaai.
Comments