Varklies oor die kole
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2015
- 1 min read

Hierdie varklies wat jy oor die kole gaarmaak moet jy sommer saam met patats wat in tinfoelie gebak is, voorsit - Huisgenoot Wenresepte
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 40 min.
Mosterdsous
3 eiers
160 ml (²⁄₃ k) suiker
20 ml (4 t) mosterdpoeier
10 ml (2 t) mosterdsaadjies
250 ml (1 k) wynasyn
sout na smaak
15 ml (1 e) elk vars
gekapte of 5 ml (1 t) elk droë grasui, origanum en dille
125 ml (½k) suurroom of Griekse jogurt
Vleis
1 heel varklies van 1 kg, swoerd ingesny sout en peper
Sous Klits die eiers deeglik in ’n glasbak en voeg die suiker, mosterdpoeier en mosterdsaadjies geleidelik by. Klits
goed. Giet die asyn geleidelik by en klits goed. Geur met die sout en voeg die kruie by.
Klits oor ’n kastrol met kookwater (pas op dat die bak nie aan die water raak nie) tot die mengsel verdik het en net begin prut.
Laat afkoel en roer die suurroom of jogurt by.
Vleis Geur die varklies met sout en peper en braai sowat 40 minute hoog op warm kole tot gaar.
Sny in skywe en sit voor saam met die sous en patats wat in tinfoelie gebak is.
Comments