VISLEWER
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2015
- 1 min read


As jy hierdie vakansie by die see is, hou daardie vis se lewer - ook nie te lank nie, vislewer moet vars gebruik word.
Laat dit vir 'n uur lank in yskoue water lê.
Maak die lewers droog en sit dit in 'n kastrol met sout, peper, 'n knypie neutmuskaat, suurlemoensap en 'n stukkie suurlemoenskil.
Laat dit baie stadig gaar smoor.
Jy kan dit ook oor die braaivleisvuur doen.
Bedien die lewers saam met geroosterde brood.
Comments