Beet, Butternut & Spinasie Slaai met Feta, Geroosterde Walnuts & Aarbeisous
- Lindi Erasmus
- Jul 30, 2015
- 1 min read

Vandag se eksperiment en heerlikheid saam met lunch.
Beet, Butternut en Spinasie slaai met Feta, geroosterde Walnuts (neute opsioneel) en 'n tuisgemaakte Aarbei-slaaisous.
Rooster blokkies butternut en beet in die oond tot sag.
Braai die beet met n bietjie heuning/bruin suiker deur vir soetgeit.
Rooster die neute indien jy neute wil insit.
Meng (as jy verkies) baba-spinasie met slaaisous van jou keuse of pak dit net so onder in die opdienbak.
Gooi die warm butternut en beet oor.
Sprinkel die feta blokkies en neute oor en dien op saam geroosterde hoender of as bykos by braaivleis.
Nota:
Ek is mal oor die bitter van 'gebrande' uie, so ek roast rooi uie repies ook saam met die butternut en beet en 'poeier' dit in die slaai, maar dit gaan nie in almal se smaak val nie.
Enjoy!
Comments