WIT SJOKOLADE EN TOFFIE KAASKOEK
- The Rainbow Team
- Jul 29, 2015
- 1 min read

1 pak tennis beskuitjies
100 g botter gesmelt
Maak beskuitjies fyn in n voedsel verwerker.Gooi die botter by en pulse tot goed
gemeng.Druk vas op die bodem van n 22 cm springform koekpan wat gespuit en met bakpapier
uitgevoer is.
VULSEL
500 g Philadelphia roomkaas
1 blik kondensmelk
1 groot slab wit sjokolade gesmelt en afgekoel.
300 ml room
50 ml suurlemoensap
2 teelepels gelatien opgelos in 50 ml kookwater en afgekoel
300 ml bottel gekoopte toffiestroop.
Klits die roomkaas,konden
smelk.gesmelte wit sjokolade,room en suurlemoensap saam.Voeg die afgekoelde gelatien
by en meng baie goed.
Gooi nou die helfde van die kaaskoekvulsel in die koekiekors en drizzle met van die
foffiestroop.
Gooi die res van die kaaskoekvulsel oor .Drizzle weer met toffiestroop. Trek patroontjies
met n mespunt deur.Laat oornag in die yskas om te set.Ontvorm versigtig op n opdienbord!
Comments