Amper Déjà vu Hoender Pastei:
- Chilli Liefde
- Aug 3, 2015
- 1 min read

1 x Hoender
Vars Kruie – i.e. Roosmaryn & Tiemie
Hoender Aftreksel
1 x 500ml Gewone Joghurt
‘n Pakkie Droe wit uie soppoeier
1 koppie gestoomde/gekookte ertjies
1 x pakkie sampioene & 1 x uie – bruin gebraai in ‘n pan (saammet ‘n tl. Knoffel)
Sout en peper
1 x glas wit wyn
1 x pakkie “puff pastry”
1 x geklitste eier
Kook die hoender, kruie en hoender aftreksel saam op ‘n lae hitte vir ongeveer 2ure.
Laat die hoender heeltemal afkoel en ontbeen dan die hoender (dis baie meer ekonomies,
indien tyd ‘n factor is, gebruik die hoenderborsies – omtrent 8 groot borsies sal
genoeg wees)
Skakel die oond aan op 180°C
Rol die puff pastry uit en plaas op die bodem van ‘n gesmeerde oond vaste bak
Plaas jou hoender in die bak bo-op die puff pastry
Meng die joghurt, soppoeier, ertjies, sampioene,uie en glas wyn saam
Gooi die mengsel oor die hoender
Bedek met uitgerolde pastry
Smeer met ‘n kwassie die geklitse eier bo-op die pastry
Bak vir 35 – 40 minute (totdat die korsie lekker bruin is)
laat dit staan vir 5 minute voordat dit gesny word.
(Divas Smulhoekie)
Comments